Kategorie: Inligting Gepubliseer op Saterdag, 12 Mei 2012 04:40 Geskryf deur Anton Goosen Trefslae: 1580
Wie is DIALOOG GEMEENTE?
Soek jy ‘n plek waar jy die vrymoedigheid ervaar om jou opinie te lig en vrae te vra oor geloofskwessies sonder om te voel jy is die ‘odd-one-out’?Roedolf Botha is ‘n evangelis, kerkleier, kerkplanter en leraar wie se persoonlike lewensmissie dit is om die evangelisering van die wêreld te bevorder deur die kerk van Jesus Christus op te lei deur seminare, DVD materiaal, lering en kerkplanting. Hy glo die kerk moet ’n duidelike en intelligente stem kan bied in die kommunikasie van die evangelie van Jesus Christus op die markplein van die lewe. Roedolf het ‘n B.A, B.D. en ‘n Meesters graad verwerf aan die RAU, die Universiteit van Pretoria en UNISA onderskeidelik, en is tans besig met ‘n doktoraal in Nuwe Testament by die Universiteit van Nijmegen in Nederland onder Suid-Afrikaanse teoloog en skrywer Jan van der Watt. Nadat Roedolf leraar was by twee NG gemeentes vanaf 1993 to 2000, het hy ‘n onafhanklike missionêre plaaslike gemeente suksesvol geplant en laat groei vanaf vier individue in 2001 tot ’n gemeenskap van seshonderd in 2009. Hy het dit gedoen deur innoverende leierskap, praktiese Bybelse lering en passievolle evangelisasie. Roedolf is met Marié getroud en hulle het twee kinders, Ruben en Jessica.
Johan Erasmusis oorspronklik van Newcastle waar hy aan die Hoërskool Ferrum gematrikuleer het. In 2005 het hy as eerstejaar ingeskryf by die NWU Potchefstroom en ‘n trotse inwoner van Veritas manskoshuis geword. Sedertdien het hy ‘n BA in Geesteswetenskappe en ‘n honneurs in filosofie by dieselfde instelling verwerf. Hy is tans besig met sy MA in Teologie ook by die NWU Potchefstroom onder bekende Amerikaanse teoloog Dr. Michael Licona. In 2008 raak Johan betrokke by die AntWoord-bediening en is tans werksaam by Dialoog Gemeente waar hy verantwoordelik vir die omsien na die jeug en vir onderrig in die Christelike apologetiek.
Ons kom elke Sondag bymekaar by die Hoërskool Garsfontein in Pretoria. Ons kuier reeds vanaf 17:00 rondom broodjies en koffie. Die Gesprek begin om 17:30
View Larger Map