Beste Dialoog

Sondagaand (12 Mei) het ons voortgegaan om te gesels oor die Romeine brief. Die reeks se titel is: "Met popcorn deur Romeine – Hollywood en die evangelie in ses weke." Ons het stilgestaan by ons redding en genade en die implikasies daarvan op ons identiteit in Christus. Ons het ook na voorbeelde uit die fliek Gran Torino gekyk. Volgende week (19 Mei) kyk ons verder na Romeine en staan ons stil by Worsteling en Oorwinning en kyk na voorbeelde uit When a man loves a woman.
Sien jou daar!