Dialoog

Switch to desktop

Dialoog Kids

 

kidscollagelank2

By Dialoog is ons uitgangspunt dat dit in die eerste plek ouers se voorreg en verantwoordelikheid is om kinders op hulle geestelike pad te begelei.  Ons wil ouers graag ondersteun deur ‘n geleentheid te skep om ‘n geestelike gesprek met kinders te begin, wat ouers deur die week kan verder voer.  

Ons doen dit op die volgende maniere:  

  • Tydens die gemeente se dienste deel kinders in die lofsang.
  • Na lofsang gaan die kinders na ‘n aparte vertrek waar ons ouderdomstoepaslike aktiwiteite doen om ‘n sentrale geestelike waarheid oor te dra. 
  • Ons glo dat die Bybel die fondasie vorm van hoe ons God kan leer ken, daarom word alle onderwerpe hanteer vanuit die perspektief van die Bybel. 
  • Daar is elke week ‘n   “By die Huis” bladsy met inligting vir ouers oor wat ons bespreek en gedoen het beskikbaar.  Daar is ook wenke en verwysings oor hoe ouers die onderwerp verder met hulle kinders kan deel.
  • B.g. inligtingstukke kan van die webblad afgelaai word. Dit word elke week aangestuur d.m.v. e-pos aan ons lede wat ingeskryf is op die nuusbrief vir die Kinderkerk.

     

  • Indien jy wil inskryf op ons nuusbrief, laat ons weet by  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Mamma’s en pappa’s is welkom om enige tyd by ons te kom sit en saam te speel en te leer.

 

 

 

 

Onderwerp vir hierdie kwartaal:

Vrug van die Gees


vrugteweb

Hierdie kwartaal mik ons daarna dat ons boom van laas kwartaal sal begin vrug dra. Ons gesels oor hoe lyk iemand se lewe wat 'n kind van God is. Dit word gekenmerk deur die vrug van die Gees.

 

(Klik op elke onderwerp om die "By die Huis" stuk af te laai)

Vrug van die Gees Toetslysie

Goedhartigheid

 

Goedheid en Geduld

 

Nederigheid

 

Selfbeheersing

 

Vreugde,Vrede & Vriendelikheid

 

Liefde

 

 

Memoriseer SPELETJIE

 

 

 

 

 

 

Ons maats se VRAE oor die Bybel

johankids

Ons het so tydjie terug vir Johan na ons kinderkerk uitgenooi, sodat die maats hom bietjie kon uitvra oor die Bybel. 


Ons glo dat kinders van kleins af moet leer om nie bang te wees om vrae te vra nie en dat ons hulle vrae so goed as moontlik, op 'n ouderdomstoepaslike manier moet antwoord.

Daar was wonderlike geselsvrae soos:

  • Hoekom gebeur slegte dinge as ons God vra dat goeie dinge moet gebeur? 
  • Het dinosaurusse bestaan en waar pas hulle in die Bybel in?

 

 As jy nuuskierig is oor wat was van die ander vrae en hul antwoorde, klik op die link hieronder:

Johan antwoord ons maats se vrae

 

VORIGE ONDERWERPE:

Verhouding met God
 

 

Ons het gesels oor die verskillende fasette van my verhouding met God.  As metafoor gebruik ons die wortels van ‘n boom.

 

(Klik op elke onderwerp om die "By die Huis" stuk af te laai)

 

Gebed: Gesels met God

Gebed: 'n Dankbare Hart

Gebed: Vergifnis

Gebed: Bid vir Ander

Lees Bybel: Jesus hou van Stories

Lees Bybel: Is die Bybel waar?

(Ons kry Johan om van ons maats se vrae waaroor hulle wonder oor die Bybel te beantwoord)

Aanbidding: 'n Lewenstyl

 

 boomwortels
 Verhoudings

Ons praat hier oor verhoudings. Ons vergelyk die verhoudings waarin ons staan met ‘n huis se vertrekke. In my slaapkamer gesels ons byvoorbeeld oor my verhouding met myself. 

Kyk gerus na die ander aanhangsels hieronder om uit te vind wat in die ander vertrekke aangaan.

 

Ek en Myself

Ek en my Ouers
Ek en my Broers en Susters
Ek en my Vriende
Ek en my Geestelike Familie

Ek en Vreemdes

Ek en Boelies

Ek en Gesagsfigure


huiscolage

 

 

 

 

info@dialoog.co.za

Top Desktop version