Dialoog

Switch to desktop

Artikels

Tembisa Projek

1. Tembisa Ektra Skool Klasse

Ons gaan Saterdag 29 Junie tussen 11:00 en 13:00 klasgee en almal moet reeds 10:20 by Village Wilene nommer 13 in Lois str 605 wees.

Die kontak persoon is Nico Laurens 083 657 6223 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons is al herhaaldelik verstom oor die lus vir kennis by Tabernacle Church in Tembisa en dit het gelei tot 'n besluit om op sekere Saterdae ekstra-klasse daar aan te bied. Tans is dit Wetenskap en Wiskunde lesse, maar hulle verwelkom hulp met enige van die hoofstroom vakke, so as jy Rekeningkunde, Biologie of selfs Engels geletterd is sal jou hulp 'n ver pad gaan ten einde die Tembisa(ers) in ons land se unversiteite te kry.

Die tye en datums varieer nog so bietjie maar ons hoop om 'n vaste progeam binnekort daar te stel.

Indien jy belangstel in hierdie projek skakel asb Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

2. Tembisa Biblioteek Projek

Ons is steeds besig om die biblioteek in Tembisa vol te maak met enige goeie leesstof. Of dit sekuler, geestelik of kinderboeke is, ons sal dit alles waardeer. Bring boeke (oud, stukkend en jonk) asb. kerk toe.

 

3. Sopkombuis

Tabernacle Church het n sopkombuis 3 keer 'n week waar hulle vir honderde in die Tembisa gemeenskap kos gee. Help asb om hul kombuis met nie-bederfbare kos vol te maak. Enige blikkieskos, noodles, pasta ens. is welkom!

 

4. Skool Projek

Die laerskool by die kerk in Tembisa is 'n privaat skooltjie wat wonderlike werk doen. Help asb. deur enige opvoedkundige materiaal te skenk soos skryfbehoeftes, opvoedkundige posters ens.

 

Indien jy geld wil skenk vir ons Tembisa Projek kan jy dit in ons rekening betaal met Tembisa as verwysing. As 'n kerk en spesifiek 'n kerk in Afrika wil Dialoog graag minstens 'n 10de van haar inkomste ook weggee en meeste van die fondse word direk in Tabernacle Church se projekte ingeploeg.

 

Wie is die Tabernacle Church?

Die kerk onderleiding van Vincent Matthews doen wonderlike werk in die Tembisa omgewing. Vincent, wat oorspronklik van die VSA af is het dit reggekry om 'n kultuur by Tabernacle Church te kweek wat trots en toegewyd is. Hulle stel nie alleen belang in die emosionele nie, maar werk besonders hard om diepte in hul onderrig te sit. Enige besoeker aan Tembisa is verstom oor hul Bybelkennis, wye leesstof en onsettend intimiderende vrae wat enige Teologie Proffie sal laat sweet. In ons kontak met hulle was ons nog elke keer aangenaam verras oor die trots wat in die gemeenskap heers en die feit dat hulle nog nooit bakhand by ons kom staan het nie. Trouens, dit is moeilik om te gee vir hierdie kerk wat meer in ons samesyn belangstel as enige iets wat ons vir hulle kan gee. Die verhouding tussen Tabernacle en Dialoog is een waar ons probeer gee, maar baie meer kry. Dit is nie alleen Dialoog se plig om in Tembisa betrokke te wees nie, maar ook ons besonderse voorreg.

 

Indien jy meer wil weet oor die Tembisa Projek skakel gerus Johan Erasmus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 491 2463

info@dialoog.co.za

Top Desktop version